NG Kerk weer lid van WRK

Die NG Kerk het sy groot strewe bereik om na 55 jaar weer toegelaat te word as lid van die Wêreldraad van Kerke (WRK).

Dit is deur ds. Nelis Janse van Rensburg, moderator van die NG, vanuit Noorweë bevestig. Hy het dit as ‘n groot geskiedkundige oomblik in die NG Kerk se onlangse geskiedenis bestempel.

Dit volg op ‘n proses wat van 2011 dateer toe die NG Kerk besluit het om weer om lidmaatskap van die WRK aansoek te doen.

Volgens hom was die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK) verheug oor die hertoelating.

In teenstelling met hierdie groot vreugde is die NG Kerk al vir dekades besig om lidmate te verloor juis weens die volksvreemde politieke rigting wat hy ingeslaan het.

Dit is ook redelik algemene kennis dat die WRK terroriste organisasies in Suid-Afrika, waaronder die ANC tel, finansieel bygestaan het.

Die Kairos-dokument  en in besonder die Belhar-‘belydenis’ het insgelyks bygedra tot die kreeftegang van onder meer die NG Kerk.

Foto – Desmond Tutu