Konsentrasiekampdag 16 Junie 2016

Op Donderdag, 16 Junie herdenk Afrikaners Konsentrasiekampdag, waartydens hulde gebring word aan die 34 000 vroue en kinders wat gedurende die Tweede Vryheidsoorlog in konsentrasiekampe gesterf het.

U word hartlik uitgenooi om ‘n herdenkingsgeleentheid by te woon. Ons gee graag kennis van twee byeenkomste waarvan ons kennis dra te Irene en Bloemfontein.

Irene, Pretoria

Die verrigtinge in Irene word gehou by die Irene Konsentrasiekampbegraafplaas en begin om 09:00 met die aankoms van die Bittereinder Perdekommando.

Hierna volg ‘n vlagserenomie en -voorstelling deur die Bittereinder Perdekommando. Die vlaghysing word gevolg deur ‘n kort verwelkoming, waarna die opening deur ds. Rudi Schoeman waargeneem sal word. Die huldigingstoespraak sal deur mnr. Andries Breytenbach gelewer word, gevolg deur ‘n kort voordrag.

‘n Kranslegging vind dan plaas. Teen 11:00 kan almal piekniek hou en saamkuier. Bring saam: eie stoele, Vierkleure,‘n krans om te lê en piekniekmandjie

Bloemfontein

In Bloemfontein by die Bron van Herinnering Monument, waarvan die ingang langs die Bybelhuis in Voortrekkerstraat (Nelson Mandelarylaan) is, vind ‘n kranslegging om 9:00 plaas. Bring u eie krans of bossie blomme. Navrae: Marius de Vos:  Tel. 082 745 5183