Groot-Brittanje word Klein-Brittanje

Die wiel is aan die draai, en Groot-Brittanje gaan Klein-Brittanje word, en die Verenigde Koninkryk gaan die Verdeelde Koninkryk word.

Dit is die mening van ’n politieke ontleder in Pretoria nadat dit bekend geword het dat die aggressie teen Britse oorheersing lank genoeg verduur is.

Sy siening sluit verrassend genoeg, aan by die Britse historikus, prof. Timothy Garton Ash, wat verbonde is aan die Universiteit van Oxford, wat sê die uitslag van die referendum is die slegste dag in sy politieke lewe, en sê die val van die Berlynse Muur is dalk net so omvangryk as die Britte se besluit.

Die anonieme Pretorianer sê egter dat Brittanje nou op te veel fronte moet veg, waarvan die eis van Spanje oor eiendomsreg van Gibraltar, die eis van Argentinië oor eiendomsreg van die Falkland Eilande, die Skotte se wil om onafhanklikheid van Engeland te kry, is maar enkele probleme wat die erg verdeelde volk in die volgende maande sal beleef.

Met die bewering dat Koningin Elizabeth II agter die hele “Brexit” gestaan het, word die Britte nog verder verdeel terwyl lede van die Konserwatiewe party mekaar aangluur oor sogenaamde “verraad”, word die Britse imperialisme in ’n blik gedruk.