Geen referendum in België

Die kans dat die Britte se referendum kan dien as inspirasie vir België om dieselfde roete te volg en ’n referendum te hou, is hoogs onwaarskynlik.

Die is die mening van Bart De Wever van Noord-Vlaandere se nasionaliste.

De Wever sê dit neem nie weg dat die volkswil gehoorsaam sal word as dit blyk nodig te wees om weer oorweging te gee aan voortgesette lidmaatskap nie.

Alhoewel die Vlaamse nasionaliste die afgelope paar jaar ontdooi het en hulle anti-EU gesindheid openbaar het, is daar tot hede geen aandrang om uit die Europese Unie te tree nie.

Hy sê die liefde vir Europa is tans op ’n laagtepunt, maar hy hoop almal sal besef dat hulle deel uitmaak van die groter geheel.

Dit is nie die oplossing om nou weg te breek van die EU nie, maar eerder gesamentlik ’n weg vind wat versterkte kapitalisme en ’n nuwe Europa sal vestig.

Hy het daarop gewys dat die negatiewe gevoel teenoor die EU aangespreek moet word want dit dui op ’n gevaarlike tendens.

De Wever sê hy het ’n probleem met referendums as demokratiese metode aangesien die vraag gewoonlik een kant se saak benadeel.

Foto – Bart De Wever