Colombiane onderteken historiese ooreenkoms

Die regering van Colombia en die FARC-rebellegroep het ’n geskiedkundige mylpaal bereik toe hulle ooreengekom het op ’n skietstilstand na dekades van konflik in die land.

Meer as 220,000 mense is gedood in die konflik sedert die rebelle hulle eerste aanslag uitgevoer het in 1964.

Colombia  se president Juan Manuel Santos en die revolusionêre leier van die “Revolutionary Armed Forces van Colombia” (FARC) Timoleon Jimenez het verlede Vrydag die historiese ooreenkoms vir ’n skietstaking onderteken,

Die FAR- leiers het ingestem om die kinders wat as soldate aangewend word in die stryd, te verwyder uit die sisteem om daarmee die deur oop te maak vir moontlike vredesonderhandelinge.

Die hoop is gevestig dat die ooreenkoms nou vredesonderhandelings sal aanhelp, waarna ’n referendum gehou kan word om die oorloggeteisterde land na vreedsaamheid te lei.

Regeringsleiers het die hoop uitgespreek dat dit die begin is van ’n proses wat ook sal verseker dat die rebellemagte ontbind kan word om deel te neem aan ’n vreedsame oplossings op demokratiese wyse.

Die ooreenkoms bepaal dat die rebelle binne 180 dae moet begin om hulle wapens neer te lê ten einde ’n vreedsame proses te begin.

Kenners wys daarop dat die ooreenkoms ’n merkwaardige groot deurbraak sal wees as dit deur die twee partye nagekom word.

Foto – Santos (links) en Jimenez (regs) skud hande na baie jare