Britse politiek lyk deurmekaar

Die kiesers van Brittanje is meer verdeeld as wat dit was tydens die Tweede Wêreldoorlog, en die moontlikheid dat ‘n nuwe bedeling op die land wag, is nie uitgesluit nie.

Dit is die mening van ’n politieke ontleder nadat die land tydens die pas afgelope referendum gestem het ten gunste van uittrede uit die Europese Unie (EU).

Die Arbeidersparty se ondersteuners is ontevrede met Jeremy Corbyn se leierskap, en verwag van hom om te bedank. Hy moes hy uiteindelik die vernedering dra van ’n mosie van wantroue wat met oorweldigende steun aanvaar is tydens ’n Party-vergadering van parlementariërs.,

Die Konserwatiewe minister van gesondheid, George Osborne, het intussen aangekondig dat hy nie beskikbaar is as kandidaat vir die amp as eerste minister amp.

Aanvanklik het dit gelyk of die Britte ’n meerderheidsteun vir Boris Johnson sal gee, en van hom verwag om die Britse wa deur die drif te trek aangesien hy die man is wat ten gunste van uittrede uit die EU is.

Intussen is verneem dat premier Picardo van Gibraltar, en Skotland se Nicola Sturgeon bereid is om lid te word van die EU.

Skotland het reeds in verbinding getree met die Europese Unie, en die eerste reëlings begin tref vir ’n moontlike referendum om die kiesers se mening te kry oor onafhanklikheid.