Wolboere juig oor prysstyging

Skaap en wolboere is verlig toe die wolprys met ’n verdere 4% gestyg het in April volgens die markaanwysers van Cape Wool se merinoskaap afdeling.

Die styging het die jongste waarde op R153.10 per kilogram te staan gebring by die pas afgelope sluiting.

Die markaanwysers van Cape Wool het op ’n 4,2% gestaan toe die Australiese aanwyser 3,3% was.

Die grootste deel van die wol wat aangebied is, het 40 tot 50 mm lengte gehad en was goed in aanvraag by die kopers.

Die kenmerkende goeie gehalte het gesorg dat die pryse uitstekend was en kon kopers van die groot aanbod gebruik maak.

Met net drie wolveilings wat oor is in die huidige seisoen kan verwag word dat die mark lewendig sal bly met die verwagting dat die prys nog gaan klim.

Bykans 97% van die 10,700 bale wat aangebied was, is van die hand gesit met G Modiano SA (3 310), Standard Wool SA (2 859), Stucken & Co (2 257),as die drie grootste kopers tydens die veiling.

Die derdelaaste veiling vind plaas op 18 Mei.