Wie dra skuld vir Zuma-fiasko’s?

Die amptelike opposisie het ´n kort inligtingskets bekend gestel om aan te toon wat die koste van die Zuma-presidentskap die land sedert 2009 beloop.

Benewens groeiende werkloosheid en weghol-kospryse, is ekonomiese groei aan flarde en toets die geldeenheid gereeld nuwe laagtepunte.

Begrotingswysigings is ook aan die hand gedoen om primêr werkskepping te bevorder.

Hulp aan studente en beter polisiëring word ook “belowe”, met droogtehulp en voedselsekerheid relatief laag op die opposisie se oplossingslysie.

Insiggewend het die voorstelle geen melding gemaak van die buitensporige vergoeding van politici nie – skandalige bedrae van bykans R500 000 tot net minder as R2 miljoen word jaarliks aan duisende politici betaal, in ´n land wat versonke is in kunsmatig geskepte armoede om hierdie uitspattighede te befonds.

Voorts is die DA doodstil oor die kernoorsaak van die Zuma-tragedie – die sogenaamde veelparty demokrasie onder ´n ANC-regering, waarvoor die DA hom dekades lank beywer het.

Dit sal lesers ook loon om in gedagte te hou dat vormalige DA-leier, Tony Leon, na sy uittrede uit die politiek beloon is met ´n ambassadeurspos, en dat Helen Zille ‘n trots lid was van die Black Sashfrontorganisasie.

Die DA het gestrewe na hierdie bedeling en werk steeds om sit in stand te hou.

Dus behoort hulle in gelyke mate in te staan as skuldig aan die resultaat.

Foto – President Jacob Zuma en Helen Zille dans saam