Werkloosheid trek SA ondertoe

Suid-Afrika se inwoners tel onder van die mees misnoegdes in die wêreld, en beklee die vyfde posisie in hierdie kategorie.

Die Cato-instituut in Amerika het baie onlangs sy sogenaamde “Misery Index” vir 2016 vrygestel en Suid-Afrika het gesak na die vyfde posisie, vanaf verlede jaar se tiende plek.

Die hoofrede hiervoor is die werkloosheidskoers in die land.

Ekonomiese aanduiders soos die werkloosheidskoers, inflasie, hoë rentekoerse en die daling in die Bruto Binnelandse Produk word gebruik om die vlak van miserabelikheid in ‘n land te bepaal.

Nommer een op die lys is Venezuela wat sukkel met ‘n geweldig hoë inflasiekoers.