Werkloosheid styg

Die werkloosheidskoers het in die eerste kwartaal vanjaar tot sy hoogste vlak sedert 2008 gestyg en staan volgens Statistiek Suid-Afrika nou op 26,7%.

Dit is 2,2 persentasiepunte hoër as in die vierde kwartaal verlede jaar.

Die uitgebreide werkloosheidskoers (wat ontmoedigde werksoekers insluit) het met 2,5 persentasiepunte geklim tot 36,3% (vanaf 33,8%)

Hiervolgens het Suid-Afrika tans 5,714 miljoen werkloses en nóg 2,449 miljoen ontmoedigde werksoekers.

Sowat 521 000 minder mense het nou werk as in die laaste kwartaal verlede jaar.