Werkers gesoek na Brits moord

Twee werkers word deur die polisie gesoek nadat hulle werkgewer, mnr. Louw du Plessis (68 jaar) van Voëltjiedorp in Brits vermoor is.

Sy lyk is in sy huis in Flapstraat gekry met sy hande wat met skoenveters vasgebind is.

Hy was die eggenoot van Rose du Plessis, die matrone van die Rusoord-ouetehuis.

‘n Selfoon en ‘n kluis met ‘n vuurwapen word vermis. Sy bakkie met ‘n vrag waatlemoene agterop is later verlate in die Letlhabile-nedersetting gekry.

Volgens die polisie is hy laas lewend in die teenwoordigheid van sy twee werknemers gesien.