Wending in Brasilië se regering

Terwyl dit duidelik geword het dat die president van Brasilië vervolg gaan word weens beweerde korrupsie, het skorsing nou werklikheid geword teen die senior parlementariër wat op die voorpunt staan om van die president ontslae te raak.

Die hooggeregshof het die beslissing geneem te midde van die voortgestee pogings om president Dilma Rousseff in ’n staat van beskuldiging te plaas.

Eduardo Cunha is die senior parlementslid wat die vete teen die president dryf, maar is nou geskors terwyl hy probeer bewys dat die president skuldig is aan korrupsie.

Hy dien ook as speaker in die laerhuis se kongres en word beskou as die argitek om die president in die beskuldigingsbank te kry, en daarin geslaag het dat sy nou vir minstens 180 dae uit haar amp is.

Eduardo Cunha staar nou kriminele vervolging in die gesig oor sy omkopery, geldwassery, geld versteek in ’n Switserse bank, en sal waarskynlik ook vervolg word vir ander oortredings wat hy tot nou toe gerieflik ontduik het.

Die vervolging teen hom het glo agterweë gebly terwyl die stryd om van die president ontslae te raak, voortgeduur het onder sy leiding.

Foto – Eduardo Cunha