Weg met die plooie

Van die vroegste tye het die mensdom planne beraam, produkte getoets, en selfs die leefstyl aangepas in ’n poging om die nare rimpels en plooie te vermy.

Toetse het getoon dat ’n potjie waarvan die inhoud verwant is aan ’n “anti-plooie” roompie, saam met ’n ’n houertjie haarkleursel, binne enkele jare een splinternuwe middel teen veroudering van die vel gaan voortbring.

Nou het Amerikaanse wetenskaplikes ’n pasta getoets wat een keer aangebring word op die oppervlakte as ’n soort gesigsmasker om die rimpels en plooie wegneem.

Die gesigsmasker word nie afgehaal gedurende die dag nie, en kan saans heel maklik afgehaal word met ’n verwyderaar.

Die navorsers het 170 vrywilligers in die toetse gebruik en geeneen het enige nagevolge gehad nie, behalwe dat hulle die hele dag sonder plooie was.

Die vrywilligers moes onder meer in ’n stort reënbui stap om te bepaal wat die uitwerkings sou wees, maar almal het “ongedeerd” daarvan afgekom.

Geen allergie of enige nadelige nagevolge is gevind nie.

Die middel word in twee lae aangewend, waarvan een ’n vloeistof is wat deursigtig en soos plastiek lyk, en die tweede laag is melkagtig en meer ’n vaste stof.

Die aanwending veroorsaak dat die plooie plat gestrek word en selfs die sakkies onder die oë verdwyn.

Na verwagting sal die produk binnekort op die Amerikaanse mark beskikbaar wees, waarna dit waarskynlik wêreldwyd bemark sal word.