Wat ‘n turksvy

Wat ‘n turksvy, en dit het vele gebruike

Tuiniers ons sit met ‘n turksvy? Wie ken dan nie ook die bekende spreekwoord: “ons sit met ‘n turksvy” nie? Ja sy blare en sommige spesies se vrugte het dorings wat steek en ons kan dit nie eers sien nie! Hierdie plant is aan ons almal baie bekend. Daar is egter die afgelope jare verskillende variëteite gekweek en sommiges het glad nie onsigbare dorings nie. In Suid-Afrika floreer hierdie plante natuurlik omdat dit so droog is. Hulle aard ook natuurlik baie goed in die woestynagtige dele van die wêreld.

Die mees algemeenste turksvy is die Opuntia. Dit is in die kaktusfamilie en die genus is Opuntia en die rang is Caryophyllales. Die genus is vernoem na die ou Griekse stad van Opus, daar het Theophrastus die eetbare plant wat voortgeplant kan word met sy blare gevind.

Turksvy spesies verskil en hoogte. Hulle groei tot 2 meter hoog. Dis baie geharde plante en vertoon ook sommer mooi as ‘n ornamentele plant. Hulle vergader water in die blare en stamme en het dus nie eintlik water nodig nie.  Alle diere eet hierdie plant en die dorings pla hul skynbaar glad nie.

Die meeste turksvybome dra geel, rooi, oranje of pers blomme. Die blare verskil ook in grootte, vorm en selfs kleur. Die blare is gerond, plat, vlesig en groot. Dit groei van onder af aan die stam en die boom maak ook stamme. Die blomme kom alom op die punte van die blare voor en daarna ook die vrugte. Die vrugte verskil ook van groen, oranje, rooi en donkerpers in kleur en die een smaak so lekker soos die ander.

Die vrugte is heerlik wanneer dit koud uit die yskas kom. Sommige spesies se blare kan gekook word en as medikasie gebruik word. Volgens bronne help dit vir diabetes. Daar is ook turksvystroop in sommige supermarkte beskikbaar. Die vrugte en blare het ‘n hoë pektieninhoud en ‘n baie lekker konfyt kan daarvan gekook word.

Volgens die landbouers is dit goeie plante om aan te plant vir die droogtetye vir veevoer. Selfs die vrugte kan gedroog word vir veevoer. Daar word ook aangevoer dat die ryp sade in kosmetiese produkte gebruik kan word. Tee kan ook van die blomme gemaak word.

Daar word in sekere bronne beweer dat ons gewone “boereturksvy” tot ‘n indringerplant verklaar is.

 

 

 

Wees maar versigtig wanneer u hierdie plante en vrugte hanteer vir die dorings waarmee ons sukkel om dit weer uit die vel te verwyder. Druk die vrug met ‘n vurk vas en sny ‘n slit in die skil en druk dan die skil met die vurg of mes af sonder dat u aan die buitekant van die skil raak.

 

 

Tuiniers, moenie dat hierdie ‘turksvy’ vir u te groot word nie! Geniet die heerlike vrugte wanneer u dit kan kry.