Vyf in hof op Bultfnt oor gesteelde wapens

Vyf mans sal na verwagting vandag in die landdroshof op Bultfontein verskyn vir die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.

Die wapens is klaarblyklik onlangs by ‘n boer van Penzplaas, Leon Venter, gesteel.

Venter-hulle was die betrokke dag kerk toe en het toe hulle teruggekeer het, agtergekom ‘n bakkie is weg en daar is ingebreek.

Die inbrekers het ’n skootrekenaar, horlosie, kamera en ou muntstukke gebuit en in Venter se bakkie gevlug. Die bakkie is die volgende oggend teruggekry.

Alles, behalwe die skootrekenaar is deur die polisie teruggekry.