VSA soldate veg in Koerdiese uniform

In die stryd teen die Islamitiese Staat (IS), veg Amerikaanse troepe saam met Koerdiese vegters om die Siriese stad, Raqqa te herower.

Die meegaande foto dien as bewys van die Amerikaanse soldate wat sy aan sy veg met Koerdiese rebelle om die terroriste uit die stad te verdryf.

Die IS-terroriste het Raqqa verklaar as hulle Siriese hoofstad, maar is verlede jaar deur die Russe uitmekaar geskiet. Hulle het egter teruggekeer nadat die VSA versoek het dat Rusland uit die gebied moet onttrek ter wille van vredesonderhandelings.

Die Amerikaners wil nou onder Koerdiese bevel, help om die terroriste uit die gebied te verdryf.

Dit is bekend dat die Koerdiese rebelle die beste vegters in die Midde Ooste is, en met die toerusting van die Amerikaners kan hulle ’n suksesvolle aanslag uitvoer.

Slegs sowat 300 Amerikaanse soldate is by die aanval betrokke, en sal glo in ’n adviserende hoedanigheid optree, alhoewel die mening bestaan dat die Koerde veel meer kennis het van die stryd as waaroor die Amerikaners beskik.