VSA hof stop apartheid in skole

’n Federale hof in Amerika het die bestuur van ’n Hoërskool in Cleveland, Mississippi opdrag gegee om ’n einde te maak aan die gebruik om aparte skole vir blankes en swartes in stand te hou.

Die hof het daarmee glo ’n einde gebring aan ’n regstryd wat reeds 50 jaar duur in die stad Cleveland waar die blankes en swartes na twee aparte skole gaan.

Die Amerikaanse minister van justisie het na afloop van die hofsaak, sy tevredenheid uitgespreek en gesê ’n jarelange stryd het daarmee tot ’n einde gekom.

Die twee skole het as nie as ’n  eenheid funksioneer nie, en die plaaslike owerheid het dekades gelede probeer om die gebruik te stop dat blankes in ’n afsonderlike skool is.

Dit het nie geslaag nie, en ’n rusie tussen die twee skole het voortgeduur tot die swartes die hof genader het om ’n einde te maak aan die apartheid in die twee skole.

Foto – Blanke Hoërskool in Cleveland