Vrystaat het 14 plaasaanvalle vanjaar

In die eerste vier maande vanjaar het altesaam 14 plaasaanvalle in die Vrystaat voorgekom, het die VKB/Vrystaat Landbou se Veiligheidslessenaar bekend gemaak.

Vyf aanvalle het in Bloemfontein en Boithuso voorgekom, gevolg deur drie in Parys, Edenville, Heilbron, twee in Cornelia en twee in die Suid-Vrystaat.

Een moord het plaasgevind, met drie poging tot moordsake wat geopen is, terwyl die oorgrote meerderheid van die aanvalle lyk asof dit huisrooftogte sou wees.

Selfone, kontant, vuurwapens en voertuie is items wat meestal geroof is. Slegs in vier van die 14 aanvalle is arrestasies deur die SAPD in samewerking met boere uitgevoer.