Visvinger- en rysgereg

Dames, iets anders met visvingers vir vanaand? Heerlik geurig en baie smaaklik.

Dit is so vinnig want gewoonlik het ons gaar rys oor van Sondag se ete. U kan die resep aanpas na gelang van die grootte van die gesin.

 

Visvinger en rysgereg:

 

Pak ‘n laag gaar rys in ‘n gesmeerde bak.

Pak nou ‘n lang bevrore visvingers bo-op die rys.

Sprinkel ‘n bietjie suurlemoensap oor die vis.

Braai nou ‘n gekapte groot ui in bietjie olie en kerriepoeier tot sag.

Gooi die gebraaide ui oor die vis.

Maak ‘n lekker witsous en voeg 125 ml kaas by.

Gooi die witsous oor alles en strooi bietjie kaas oor.

Bak teen 180ºC vir 25 minute.

 

Variasies:

Tamatieskywe kan bo-op die gereg geplaas word voordat u die witsous  oorgooi en dan bak.

‘n Paar knopiesampioene (gesny) kan saam met die ui gebraai word om oor die vis te strooi.

 

Geniet die vinnige ete.