Verwoesting beloop miljoene rand

Die skade van die voortslepende verwoesting van skole en universiteitseiendom deur brandstigting oor die afgelope weke, waarvan die Samlam-ouditorium van die Universiteit van Johannesburg die mees onlangse is, beloop al meer as R1 miljard.

Die ouditorium met sy 1 000 sitplekke en ‘n rekenaarsentrum het in die slag gebly. Hierdie skade moet gevoeg word by die universiteit se rekening van R300 000 vir skade wat vroeër by die instelling tydens betogings aangerig is.

Dit volg nadat die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga aangekondig het dat die koste om die afgebrande skole in die Vuwani-omgewing in Noord-Transvaal te herbou sowat R750 miljoen sal beloop.

Skade is by verskeie ander instellings aangerig, waaronder die Orlando High School in Soweto en die Vaal Universiteit vir Tegnologie tel.