Verlate plaas bly oor na veiling

Net ‘n leë huis en store het oorgebly nadat alles onder die hamer gekom het op ‘n boedelveiling van die vermoorde dr. Bennie Cilliers op sy plaas, Gouda, by Rouxville.

Meer as 200 mense het die veiling bygewoon en het gebie op alle besittings op die plaas.

Van sy kinders, Pieter-Abraham en sy broer Hans, was self op die plaas om te sien hoe die veiling verloop.

Dr. Cilliers (60 jaar) is in Januarie vanjaar op die plaas in ‘n plaasaanval vermoor. Sy vrou, Cecilia (59 jaar) het die aanval oorleef waarin sy baie ernstige beserings opgedoen het. Volgens haar kinders het sy wonderbaarlik goed herstel.

Sy wou nie meer op die plaas woon nie.

Die plaas gaan blykbaar nie verkoop word nie, maar die grond sal verhuur word.

Foto – Dr. Bennie Celliers en sy vrou, Cecilia