Twee provinsies dra Suid-Afrika

Sentraal-Transvaal en die Wes-Kaap kruissubsidieer die ander provinsies in die land, aldus ‘n verslag van die Instituut vir Rasseverhoudinge.

Die verslag  is gegrond op ‘n honderd verskillende aanwysers wat in die onderskeie provinsies vergelyk is. Dit sluit onder meer aanwysers in soos demografie, onderwys, ekonomie, gesondheidsorg, lewensomstandighede en misdaad.

Daar is bevind dat Sentraal-Transvaal en die Wes-Kaap die Suid-Afrikaanse ekonomie domineer. Meer as 50% van alle belastingbetalers is in hierdie twee provinsies geregistreer.

Juis weens hierdie oorheersing meen die Instituut dat armer en minder ontwikkelde provinsies groter onafhanklikheid in hulle beleidmaking gegee moet word sodat hulle met Sentraal-Transvaal en die Wes-Kaap kan kompeteer.

In hierdie verband is onder meer verwys na belasting en arbeidsake as gebiede waar groter onafhanklikheid verleen moet word.