Turkye kry nuwe premier

Turkye se regerende party, die AKP, het ’n goeie vriend van die omstrede president, Recep Tayyip Erdogan, benoem as kandidaat vir die amp as eerste minister nadat die vorge premier bedank het.

Die benoeming van Binali Yildirim, kom ietwat onverwags en die is vermoede dat hy sy pos as minister van vervoer sal prysgee.

Hy het as minister van vervoer ’n groot bydrae gelewer om as mede-stigter van die AKP, Turkye se vervoerstelsel na groter hoogtes uit te brei.

Nuwe paaie is gebou, ’n moderne sneltreindiens is ingestel, en ’n reuse tonnelprojek wat toegang tot ’n deel van die land verbeter het, is verbeterings wat onder sy leiding aangebring is.

Die Turkse grondwet bepaal dat die leier van die regerende party ook die eerste minister van die land word.

Politieke ontleders in Turkye meen die president is besig om sy eie posisie te versterk met die nuwe premier, wat heel waarskynlik nog ’n vertroueling sal aanstel as die nuwe minister van vervoer.

Foto – Binali Yildirim