Trump word Republikeinse kandidaat

Die Republikeinse voorverkiesing in die Amerikaanse deelstaat Indiana het die deurslag gegee en Donald Trump as oorwinnaar na vore laat tree.

Met die bekendmaking van die uitslag het senator Ted Cruz gesê hy erken dat hy die stryd verloor het en sy uittrede aangekondig.

 

Die oortuigende nederlaag van Ted Cruz bring mee dat die miljardêr Donald Trump as die Republikeinse presidentskandidaat aangewys sal word.

Cruz het op ’n TV-uitsending sy teleurstelling oor die uitslag te kenne gegee en daarmee ook sy uittrede bekend gemaak, en ook sy verskoning en dank betuig vir die ondersteuning wat hy geniet het van sy span en die kiesers.

Trump het ’n massiewe 53% van die stemme in Indiana getrek, teenoor Ted Cruz se 35%.

Dit bring Trump se aantal afgevaardigdes op 1 044 en kort hy minder as 200 om die vereiste 1237 te behaal.

Cruz het 572 afgevaardigdes gekry, terwyl Trump nou slegs 40% van die stemme in die oorblywende verkiesings moet behaal.

Aan die Demokrate se kant het Bernie Sanders ’n gerieflike oorwinning behaal met 52% van die stemme. Clinton is egter ver voor wat dit ’n uitgemaakte saak maak dat sy en Trump mekaar die stryd sal aansê om die presidentskap.

Foto – Donald Trump