Trek Rhodes-beurs terug

Meer as 23 000 ondersteuners het al hulle steun gegee op ‘n aanlyn versoekskrif waarin gevra word dat die ekstremistiese Rhodes Must Fall-beweging se medestigter, Ntokozo Qwabe, se studiebeurs aan die Universiteit van Oxford teruggetrek moet word.

 

Die hele aksie volg nadat Qwabe en sy tafelgenoot geweier het om ‘n fooitjie aan ‘n blanke kelnerin in ‘n Kaapstadse eetplek te betaal, maar op die rekening geskryf het: “WE WILL GIVE TIP WHEN YOU RETURN THE LAND”.

 

Hy het agterna met groot genoegdoening heel “rassisties” op sy bakkiesblad vertel hoe die gebeure sou verloop het.

 

‘n Bedrag van sowat R120 000 is tot dusver deur middel van twee fondse vir die jong Ashleigh Schultz, hoofsaaklik op sosiale media en ‘n internetradiostasie ingesamel. Intussen gaan mense heel spontaan ook na die Obz Café in Kaapstad om geld aan haar te gee.

 

Toe dit aan die lig gekom het dat hierdie fondse op die been gebring is, het Qwabe se aanvanklike leedvermaak verander in groot verontregtheid. Hy het heel gegrief daarop aangedring dat ‘n soortgelyke fonds vir swartes, wat aan rassime onderwerp word, op die been gebring moet word.

 

In die versoekskrif word gevra dat sy studiebeurs teruggetrek word of tugstappe teen hom geneem moet word.

 

Qwabe is klaarblyklik tans ‘n nagraadse student in regte aan Oxford. Hy is ‘n Rhodes-beurshouer wat al van huigelary beskuldig is omdat hy geld uit die Rhodes-beursfonds ontvang, en dit is juis die betrokke weldoener waarteen hy so heftig en “rassisties” uitvaar. En natuurlik veldtogte voer dat Rhodes se standbeeld verwyder moet word. Sy veldtog in Brittanje het egter misluk aangesien van die universiteit se donateurs gedreig het om hulle steun aan die instelling te onttrek.