Totsiens Rousseff

Na meer as vyf jaar in die kantoor van die president, is Brasilië se president Dilma Rousseff voor ’n politieke doodloopstraat.

In die land se senaat, het 55 van die 81 senatore gestem ten gunste van haar skorsing vir 180 dae as president van die land.

Die amp word onmiddellik oorgeneem tydens die tydperk deur die konserwatiewe adjunk-president van Brasilië.

Die skorsing volg na ’n bevinding dat sy betrokke was by die manipulering van die begroting en beweerde betrokkenheid by korrupsie.

Terwyl die senaat in sitting was, het teenstanders en ondersteuners van Rousseff slaags geraak en moes die polisie tussenbeide tree.

Rousseff moes die kantoor van die president ontruim te midde van haar uitspraak dat sy tot aan die einde sal veg en as president sal aanbly tot die einde van haar termyn in 2018.

Adjunk-president Michel Temer het die ampspligte oorgeneem en het ook sy intrek geneem in die kantoor van die president.

Dit is die eerste keer sedert 2003 dat Brasilië regeer word sonder die linkse Werkersparty.

In die volgende ses maande sal die ondersoek na Rousseff se doen en late ten volle nagegaan word om permanente afsetting te oorweeg.

Die feit dat adjunk-president Temer die geleentheid gaan gebruik om die opening van die Olimpiese Spele waar te neem op 5 Augustus, is die hardste vernedering wat Rouseff te beurt geval het.