Tornado los spoor van verwoesting

Twee reusagtige groot tornado’s het Dinsdag ’n spoor van verwoesting gelaat in die Amerikaanse deelstaat Oklahoma.

Minstens een persoon het in die verwoestende tornado omgekom en ’n bejaarde is in die hospitaal opgeneem nadat hy ernstige beserings opgedoen het.

In die platteland van Oklahoma is huise, skure, en motors vernietig, terwyl diere in die veld omgekom wat nie oor voldoende skuiling beskik het nie.

Mense is gewaarsku om in stewige geboue te skuil teen die rondvlieënde voorwerpe wat deur die tornado in die lug geslinger is.

Die tornado het gepaard gegaan met ’n hewige haelstorm en sterk wind wat verdere skade aan gesaaides en strukture veroorsaak het.

Meer as 41 miljoen Amerikaners moes skuiling vind teen die stormagtige weerstoestande wat etlike ure lank geduur het.