Terroristeleier gehang vir misdade

Die owerheid in Bangladesh het ’n prominente leier van die Islamitiese Staat (IS), Motiur Rahman Nizami, vir beweerde oorlogsmisdade gehang.

Nizami is jarelank gesoek vir sy beweerde misdade gedurende die land se stryd in 1971 met die oorlog vir onafhanklikheid teen Pakistan.

Streng veiligheidsmaatreëls is getref om ’n moontlike aanslag van die IS-terroriste af te weer.

Die land se minister van Wet en Ordee, Anisul Haq, sê die terroris het ook ’n invloed uitgeoefen in die hedendaagse terreuraanvalle en derhalwe verdien hy om gehang te word.

Die teregstelling het in die Dhaka Sentrale tronk plaasgevind te midde van honderde betogers wat sy teregstelling ondersteun het.

’n Internasionale groep vir menseregte het egter die teregstelling bevraagteken en gesê die land se Tribunaal is bekend daarvoor om opposisieleiers en teenstanders op “wettige” wyse om die lewe te bring.

Enkele dae tevore het ’n Amerikaanse woordvoerder beweer dat ’n ander senior leiersfiguur van die IS-terroriste in ’n aanval gedood is, wat meebring dat die sterkste groep leiers al minder word om die terreurorganisasie te lei.