Talle sterf in Brussel strate

Verlede jaar het 55 mense in die strate van die Belgiese hoofstad, Brussel, te sterwe gekom volgens die jaarverslag van die “Kollektief Straatdoden” in die stad.

Die wat in 2015 gesterf het in strate, was 47 mans en 8 vroue. Die jongste persoon was 19 jaar en die oudste 87, en bestaan uit mense van sowat 20 nasionaliteite.

Ongeveer 40% van die mense is van Belgiese afkoms, terwyl verskeie uit Pole, Frankryk en Roemenië afkomstig was.

Die meeste het ’n boemelaar bestaan gevoer maar van hulle het wel slaapplek by bekendes gekry, maar andersins in die strate gebly om kos te probeer vind.

Politieke leiers sê dit is tyd dat die straatbewoners finansieel gehelp word deur vir hulle huisvesting te betaal sodat hulle nie blootgestel word aan die nagte se koue weer nie.

Vir ’n klein kamertjie, is die huur maklik 500 euro per maand, en daarom behoort die owerheid daarvoor voorsiening te maak om die hulpelose mense te help deur minstens herberg te voorsien.