Taliban leier dalk gedood

Die Pentagon in Amerika het aangekondig dat die Talibanleier in Afghanistan, Mullar Akhtar Mansour in ’n aanval gedood is, alhoewel bevestiging nog nie ontvang is nie.

Die aanval wat in Pakistan op die terroriste uitgevoer is, het onder meer ook daartoe gelei dat ’n bakkie met die vlugtende leier daarin, deur ’n ligte missiel getref is wat die dood van die leier en die bestuurder van die voertuig veroorsaak het.

Die aanslag op die terroriste was bedoel om die leier van die terreurgroep gevange te neem, maar hy is toe in die voorval gedood.

Die Pentagon beweer dat die aanval naby die grens van Pakistan uitgevoer is met die toestemming van Amerika se president Obama.

Mullar Akhtar Mansour was glo die teiken, en is waarskynlik gedood, maar dit is nog onseker of dit wel die Talibanleier was wat is die voertuig was.

Intussen het ’n Talibanbevelvoerder ontken dat die leier gedood is in die voorval, maar die leier het nie soos gewoonlik, self gereageer op die gerugte nie.