Taiwan kry eerste vroulike president

Vir die eerste keer het Taiwan ’n vroulike president toe Tsai Ing-wen, die afgelope naweek in die amp aangestel is na aflegging van die ampseed.

Sy het ’n oorwinning behaal tydens die land se algemene verkiesing vroeër vanjaar, en het daarmee die magsbalans op die eiland in die Oos-Sjinese See gebied verander .

Die Demokratiese Party het ’n groot oorwinning behaal teen die Nasionale Party wat die afgelope agt jaar regeer het.

Die vorige president het in die verlede hewige kritiek gekry vir sy beleid van “vriendelike” benadering teenoor Sjina.

Die Demokrate, onder leiding van die nuwe president, Tsai Ing-wen, het gewaarsku dat die vriendelikheid met Sjina ’n gevaarlike spel is wat Taiwan uiteindelik sy vryheid kan kos.

Die verkiesingstryd het gegaan oor die feit dat die Sjinese president by verskeie geleenthede gesê het dat hy Taiwan se onafhanklikheid teenstaan.

Tot die einde van die Tweede Wêreldoorlog was Taiwan ’n kolonie wat onder die beheer van Japan regeer is.

Foto – Pres. Tsai Ing-wen