Die Universiteit van Pretoria is tot vandag kans gegee om samesprekings oor sy taalbeleid af te handel, het die EFF se Student Command gedreig.
In dieselfde trant is die ‘vergunning’ gegee dat studente sal kan voortgaan om die halfjaar eksamen te skryf, en daarna sal besluit word watter aksie geneem sal word.
Swart studente aan die UP het vroeër gedreig om die halfjaar eksamen te ontwrig indien daar nie toegegee word aan hulle eise om weg te doen met die Afrikaanse taal en kultuur by die instelling nie.
Die afgelope paar dae het die aanhangers van #AfrikaansMustFall oral op die Hatfield-kampus hulle slagspreuke op mure en in gange met spuitverf aangebring.
Van die groot voorbokke is die EFF se Student Command wat hoofsaaklik verantwoordelik is vir die hervatting van die hele veldtog.
Die jongste relletjie het gevolg skaars drie maande nadat ontevrede swart studente as deel van hulle #AfrikaansMustFall-veldtog gesorg het vir chaos en saakbeskadiging asook die opskorting van klasse by die universiteit.
Foto – Die minister van hoër onderwys, Blade Nzimande
Ek ry gister daar by Tukkies verby en sien hulle “Celebrate 250 000 Alumni”. As hulle wil wegdoen met Afrikaans moet hulle maar van voor af begin tel voor die selebrasie plaasvind.
Die minister is n stoere kommunis. Hy het eendag op n radio program gespog hoe hy en sy vriende die biblioteek by die kwazulu Natal universiteit afgebrand het toe die studente oproerig geraak het. Wat se waarde kan hy toevoeg tot universiteite.?Die standaarde moet verlaag en om te dink dat hierdie onlus stokers die leiers van more is gee n mens koue rillings. In 1994 is alles op n skinkbord aan hulle gegee.