Stropers verskyn in hof

Drie vermeende renosterstropers verskyn vandag in die landdroshof op Hoedspruit nadat hulle op heterdaad betrap is met twee renostershorings in hulle besit.

Twee van hulle is Mosambiekers en hulle trawant is ‘n Suid-Afrikaanse burger.

Die mans is aangekeer toe ‘n wildbewaarder van die Klaserie-natuurreservaat buite Hoedspruit ‘n skoot gehoor het. Hy en van sy kollegas het dit opgevolg en in die bosse op afgekom op die drie mans wat ’n ongelisensieerde vuurwapen by hulle gehad het.

Hulle het ook ammunisie by hulle gehad.