Stropers skiet op helikopter

Die stryd teen renosterstropers het “dramatiese afmetings” aangeneem toe stropers onlangs vyf keer op ‘n helikopter in die suidelike deel van die Krugerwildtuin geskiet het.

Veldwagters, die polisie se lugvleuel en K9-eenhede het drie keer kontak gemaak met stropers in hierdie deel van die Wildtuin, waar renosters die ergste onder stopery deurloop.

Die helikopter kon egter daarin slaag om veilig te land en kort daarna is vier gewapende mans, wat vermoedelik stropers was, in hegtenis geneem.

Hulle het vuurwapens, patrone en toerusting wat stropers gewoonlik gebruik by hulle gehad.

Stropers in die Krugerwildtuin het op veldwagters geskiet wat in ’n helikopter oor die natuurreservaat gevlieg het.

In die eerste vier maande van vanjaar is 363 renosters, waarvan 232 in die Wildtuin was, in Suid-Afrika gestroop.

Voorvalle van vermeende stropers wat die wildtuin binnekom, het met 28% toegeneem vergeleke met dieselfde tyd verlede jaar.