Die ANC-bestel se belange in steenkoolmyne lei tot water- en grondvergrype in die Oos-Transvaal en die betrokkenheid van die tersaaklike departemente moet ontbloot word.
Hierdie uitspraak deur die direkteur van groundWork, Bobby Peek, volg na die bekendstelling van vyf omgewingsorganisasies se verslag, “Zero Hour”, oor mynboubedrywighede in die Oos-Transvaal.
Die verslag is deur die Sentrum vir Omgewingsreg (CER) uitgereik en is die resultaat van vyf jaar se navorsing deur die onderskeie omgewingsorganisasies.
Mynbou in die waterryke provinsie het vanaf 2005 tot 2010 met 300% uitgebrei, en op meer as 60% van die grondgebied is daar aansoeke vir mynbou of prospektering.
Dit is veral oopgroefmynbou wat groot verwoesting in die provinsie saai.
In die navorsing het dit geblyk die twee departemente reik water- en mynboulisensies vir steenkoolmyne uit sonder om die gevolge te bereken wat dit vir die waterbronne, biodiversiteit, menslike gesondheid, luggehalte en voedselsekerheid kan meebring.
Die CER is nie net bekommerd oor die mynbou in die Oos-Transvaal se negatiewe invloed op die waterbronne nie, maar ook op die uitwerking daarvan op die landbousektor aangesien voedselsekerheid in gedrang is. Chroniese gesondheidsprobleme by inwoners is nog ‘n bron van kommer.
Die betrokke organisasies het ‘n beroep op die minister van omgewingsake, Edna Molewa, gedoen om in te gryp en die oorblywende waterryke gebiede in Oos-Transvaal ingevolge wetgewing te laat bewaar.
Foto – ‘n Oopgroefmyn in Oos-Transvaal
Bewaar. Hulle ken nie die woord nie. Edna Molewa sal niks doen nie want dit benadeel haar en haar familie en broers en susters. Ek ken die wêreld goed want het kindstyd daar gebly op die mooiste mielieplase denkbaar. Wat het geword van dit – weg soos gister want die perdebye het nes gaan skrop daar en die sakke bars oop van al die gelde en gunste wat hulle ontvang om hierdie dinge te laat gebeur. Wee my land en my volk oor hierdie magsoekende ondiere wat die woord menseregte geleer ken het.
Die minister is nie bekommerd nie want wat weet sy van bewaring? Ek wonder hoeveel geld het sy in haar bankrekening want sy word omgekoop. Sy deel lisensies links en regs uit. Korrup net soos haar big chief
Die oorheersende denke by beplanning is tradisioneel nomadies. Soos bestaansboere en jagterversamelaars word gebruik wat beskikbaar is en as dit opraak beweeg jy aan. Waar wat ookal vandaan kom m oet daar altyd nog daarvan wees. Toe daar in ‘n tegnologiese ekonomie inbeweeg, en in ons land se geval oorgeneem is, bly die denke dieselfde, net die skaal word eksponensiaal groter, en die bronne waaruit geput kan word ook. Soos ons vandag moes hoor dat SA se oliereserwe vooraad ook verkwansel is.