Slapende wagte was laks

‘n Miltêre ondersoek het bevind nalatigheid, ‘n gebrek aan dissipline en ‘n versuim om opdragte uit te voer, het bygedra tot ‘n rooftog by die Tempe miltêre basis in Bloemfontein.

Die wagte was amptelik aan diens gewees toe die voorval plaasgevind het, maar hulle was vas aan die slaap terwyl hulle moes wagstaan.

Hulle is aangeval en van hulle wapens en toerusting ter waarde van R18 000 beroof toe hulle by die basis se ingang aan diens was.

Die raad van ondersoek na die rooftog het ook bevind dat die opleiding van wagte nie op standaard is nie.

‘n Opgradering van die veiligheidsmaatreëls en die ontwikkeling van ‘n spesifieke opleidingsprogram vir wagte is aanbeveel.

Niemand is in verband met die rooftog in hegtenis geneem nie.