Skotse nasionaliste seëvier weer

Skotse nasionaliste het in die oomblik van vreugde niks te make met die Konserwatiewes of die Arbeiders van Brittanje nie, want hulle het weer ’n oorwinning in Skotland behaal.

Die Skotse Nasionale Party (SNP) het vir die derde keer in ’n ry die algemene verkiesing gewen, maar hierdie keer sy volstrekte meerderheid verloor terwyl die Arbeiders nou slegs die derde plek beklee nadat die Britse Konserwatiewe Party ingeskuif het na die tweede plek.

Vir die eerste keer in 30 jaar is die Nasionaliste in ’n meerderheid in verskeie dele van Skotland waar die Arbeiders Party oorheers het.

Die Nasionaliste het op verskeie plekke verras deur letterlik skoonskip te maak teen die Arbeiders Party waar hulle vir jare die septer geswaai het.

Die Skotse premier, Nicola Sturgeon het haar blydskap en tevredenheid uitgespreek met die besondere prestasie en gesê dit is duidelik dat die regering van Skotland die wil van die kiesers gehoorsaam.

Omdat die SNP nie ’n volstrekte meerderheid het met die 63 setels uit ’n moontlike 129 nie, sal ’n koalisie gevorm word met een van die kleiner partye.

Foto – Premier Nicola Sturgeon