Skool bly in visier na Zuma-spotprentjie

Die groot stof opskoppery omtrent ‘n Engelse eksamenvraestel waarin ‘n spotprent oor president Jacob Zuma was, is klaarblyklik nog glad nie verby nie.

Op een van vele mediakonferensies het die LUR vir onderwys in Sentraal-Transvaal, Panyaza Lesufi, aangedui hy is glad nie klaar met hierdie private skool nie aangesien sy departement nog ‘n sogenaamde interne ondersoek by die skool doen.

Volgens Lesufi het die voorlopige ondersoek by die skool aangedui dat daar nie kwaadwillige bedoelings is nie.

Hy wil die skool se naam bekend maak, het hy die mediakonferensie meegedeel, maar is glo op grond van regsadvies aangeraai om dit nie te doen nie.

Bepaalde prosesse moet gerespekteer word indien ‘mense’ op die aandelebeurs gelys is, het hy bygevoeg.

Die hoogs omstrede LUR het nogmaals te kenne gegee dat dit ‘n Christelike private skool is.

Die Zapiro-spotprent in ‘n Engelse vraestel vir Gr. 6-leerlinge oor visuele geletterdheid beeld president Jacob Zuma, met ‘n stortkop bo sy kop uit terwyl hy in ‘n bad vol geld dryf en ‘n drankie geniet.

Die spotprent sinspeel baie duidelik op die voortslepende Nkandla-skandaal.

Foto –  Lesufi se woedende reaksie op sosiale media oor die Zuma-spotprent