Sjina wil spog universiteite oprig

Die Sjinese minister van opvoeding het aangekondig dat die regering beplan om “spog universiteite” op te rig in 14 streke van die land waar voorheen geen staatsuniversiteite was nie.

Die regering se bedoeling is om universiteite nader te kry aan studente in afgeleë gebiede van Sjina as deel van die sentrale regering se plan om die opvoedingsgaping te oorbrug.

Die 14 provinsies sluit ook Mongolië in wat tussen Sjina en Rusland geleë is en nog oor baie min opvoedkundige vermoëns beskik.

Chen Shun, die Adjunkminister vir Opvoeding het die aankondiging die afgelope naweek tydens ’n mediakonferensie gemaak.

Tans beskik Sjina oor 70 universiteite wat direk onder staatsbeheer sorteer, waarvan 24 in Beijing is.

Die regering wil met die nuwe universiteite poog om ook die verarmde mense in afgeleë gebiede te bedien, maar dit blyk dat gratis toelating en studie nie moontlik sal wees nie.

Die eerste universiteite sal in 2020 studente inneem, en sal die universiteite etniese groepe in ag neem wat taal en kultuur betref.

Universiteite word eerste opgerig in die provinsies waar die mense die armste is om te verseker dat die studente gouer in die arbeidsmark opgeneem kan word en sodoende die armoede teenwerk.

Sjina se bevolking wat sowat 1 400 miljoen tel, word uit meer as 60 minderheidsgroepe saamgestel en woon in ’n land wat 10 miljoen vierkante kilometer beslaan.