Sanders wen Wes-Virginië

Die voorverkiesing in die deelstaat Wes Virginië is deur die selfverklaarde sosialis, Bernie Sanders, gewen wat meer as 60% van die stemme getrek het teenoor sy teenstander, Hillary Clinton se 30%.

Alhoewel dit ’n morele oorwinning is vir die stryders wat saam met Sanders is, word sy kanse al skraler en sal hy waarskynlik nie as die presidentskandidaat van die Demokrate aangewys word nie.

Hillary Clinton is reeds ver voor met ondersteunende afgevaardigdes, en sal seker die vereiste aantal bereik voor die laaste deelstaat voorverkiesing afgehandel is.

Met sowat 1 700 afgevaardigdes aan haar kant, is sy voor Sanders met meer as 300, wat onwaarskynlik ingehaal kan word.

Die Republikeine se enigste oorblywende kandidaat, die miljardêr, Donald Trump, het ook al die afgevaardigdes ingepalm van die deelstaat, sowel as Nebraska waar die party nog ’n stemming gehou het.

Die byvoeging bring Trump by ’n 90% van die verlangde 1 237 afgevaardigdes wat vereis word om as presidentskandidaat aangewys te word.

Clinton kort slegs 160 afgevaardigdes se steun om as die Demokrate se presidentskandidaat aangewys te word.