Sanders eis her-tel van stemme

Die naelskraap oorwinning van Hillary Clinton in die Amerikaanse deelstaat Kentucky, het haar opponent, Bernie Sanders ontevrede gelaat, en daarom het hy versoek dat die stemme oorgetel word.

Sanders het ’n algehele ondersoek na die stemmery versoek, veral in die lig van die geringe verskil in die aantal stemme tussen die twee kandidate.

Hy het versoek dat die outomatiese stemteller, sowel as die stembriewe nagegaan word.

’n Woordvoerder van die senator, Michael Briggs, van Kentucky het bevestig dat Sanders vir ’n ondersoek gevra het.

Sanders het in die voorverkiesing van die Demokratiese Party in Kentucky slegs 1,923 stemme minder as Clinton gekry.

Met die uitslag het Sanders 27 afgevaardigdes bygekry teenoor Clinton se 28 nadat sy 46,8% van die totale aantal stemme getrek het.

Sanders het 46,3% getrek, wat hom laat besluit het om ’n her-tel aan te vra.

Die aankondiging dat Clinton gewen het voordat al die stemme getel was, het onrustigheid teweeggebring in die Sanders-kamp.

Sanders het vroeër gewaarsku dat die Demokrate se Konvensie wat gedurende Julie in Philadelphia sal plaasvind, kan chaoties wees weens die onmin wat bestaan onder afgevaardigdes.