Sadou-lede vervolg oor geld vir poste

Strafregtelike aanklagte kan volg teen bepaalde persone op grond van ‘n verslag oor lede van die Suid-Afrikaanse Demokrasiese Onderwysersunie (Sadou) wat “kontant-vir-poste” verskaf het.

‘n Taakspan van die departement van basiese onderwys het ondersoek ingestel na beweringe wat in 2014 deur die media gemaak is dat sommige Sadou-lede poste in ruil vir geld aangebied het.

Die taakspan het aanbeveel dat die onwettige optrede van bepaalde onderwysers, wat in die verslag gemeld word, by die polisie aangemeld moet word.

Volgens ‘n woordvoerder van die departement het die taakspan bevind Sadou-amptenare het in sommige gevalle onregmatige beïnvloeding gebruik om vriende en familielede te bevoordeel.

Ondersoekers het glo tot Augustus tyd om getuienis te versamel wat in ‘n hof kan dien, terwyl 38 sake ondersoek word.