Sadou kaap onderwys in nege provinsies

Die verslag oor die kontant-vir-werk-skandaal toon dat die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie (Sadou) die onderwysstelsel in ses van die nege provinsies gekaap het.

In die verslag is bevind dat 38 poste in ses provinsies waarskynlik deur Sadou-lede vir kontant verkoop is.

Die verslag wys voorts op wydverspreide kaderontplooiing in die onderwys en die onregmatige invloed wat Sadou-lede op die aanstellingsproses uitgeoefen het.

‘n Taakspan is deur minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, aangestel om beweringe te ondersoek dat Sadou-lede poste vir hoofde en adjunk-hoofde vir R30 000 en meer in skole in die Oos-Kaap, Natal, Noord-Transvaal, Sentraal-Transvaal, Oos-Transvaal en die Wes-Transvaal verkoop het.

Die verslag omtrent die taakspan se bevindinge is enkele dae gelede uiteindelik bekendgestel.