SA firma versprei ruimtefoto’s

‘n Suid-Afrikaanse maatskappy het die regte verkry om foto’s en ander beeldmateriaal te versprei wat met twee kameras van die Internasionale Ruimtestasie geneem word.

Die Kaapse maatskappy het die regte van ‘n Kanadese maatskappy gekoop.

Die twee kameras aan boord van die IRS neem onderskeidelik videomateriaal en foto’s. Die verspreiding van die foto’s kan binne 15 tot 30 dae aan ‘n klant gedoen word, maar in ‘n noodgeval kan dit binne 24 uur beskikbaar gestel word.

In die geval van ‘n ramp word die beeldmateriaal gewoonlik gratis aan ‘n land se nooddienste verskaf.

Foto – Durban se hawe vanaf Internasionale Ruimtestasie geneem