Sedert Rusland aan die einde van September verlede jaar met grootskaalse lugaanvalle begin het teen die terroriste in Sirië, het hulle nagenoeg 30,000 gedood en duisende beseer wat nie verder kon veg nie.
Na raming was daar sowat 80,000 terroriste van die Islamitiese Staat in verskeie lande bedrywig, waarvan Rusland bykans die helfte uitgewis het.
Die inligting is in die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies (VN) vrygestel, en is beweer dat die Amerikaanse magte, in samewerking met die militêre koalisie verantwoordelik is vir sowat 5,000 terroriste se dood.
Die koalisie magte het egter die 5,000 terroriste gedood oor ’n tydperk van meer as twee jaar, terwyl die Russe die 30,000 gedood het binne agt maande.
Politieke waarnemers sê hulle vind dit uiters vreemd dat die Amerikaners nie bereid is om saam met die Russe die stryd aan te knoop teen die IS-terroriste nie.
Die vermoede bestaan dat Rusland weer sy magte sal ontplooi, met of sonder die samewerking van die koalisie magte nadat die terroriste sewe ontploffings in die noorde van Sirië uitgevoer het, en waarvan minstens twee ontploffings naby Russiese vliegtuigbasisse was.
Welgedaan!!! Rusland het nie nie die amerikaners nodig nie Putin is n President wat omgee vir sy mense hoeveel presidente kan dit se !!! Rusland moet hulle President ten alle tye ondersteun !!!
Ja Denise ons kan maar net droom hier om oot eendag so leier te he.
Dankie Putin jy doen die wereld n guns moenie buig voor die USA nie jy het baie steun wereld wyd.