Rupert verdeel sy Karoo-grond

Die Rupert plase in die Graaff-Reinet distrik, is tussen Johann en sy kinders verdeel. As deel van die familie se finansiële beplanning.

Gerugte dat hy die grond verkoop het, is die nek ingeslaan deur Johann Rupert wat bevestig het dat geen grond verkoop is nie, maar wel verdeel is onder hulle kinders.

Die wildplase, waarvan die waarde op meer as R90 miljoen beraam word, is in die Graaff-Reinet distrik, en beslaan bykans 17,000 hektaar.

Dr. Anton Rupert is in die Karoodorp gebore, en het die grond aan sy twee seuns Johann en Anthonij bemaak.

Anthonij is in ’n motorongeluk dood en Johan het die deel grond van sy broer geërf.