Ru-olie ontdek in Israel

Israel het aansienlike ru-olie en gasreserwes ontdek wat in al die land se behoeftes kan voorsien en van die land ʼn ru-olie uitvoerland sal maak.

Die reserwes is in die Golan Hoogland waaroor daar gereeld vuurpylaanvalle op Israel geloods word wat veroorsaak dat produksie aan risiko blootgestel sal wees.

Die land produseer tans ongeveer 100 vate per dag wat onvoldoende is vir die land se eie behoeftes.