Robot ontwikkel wat "pyn" kan voel

Duitse navorsers werk aan ’n projek om ’n kunsmatige senuweestelsel te ontwikkel vir ’n robot wat daarmee in staat sal wees om pyn te voel.

Die bedoeling daarmee is om ’n robot wat op een of ander manier skade opgedoen het, vinnig te diagnoseer en te herstel.

Dit sal ook die mense beskerm en leer hoe om met robotte te werk omdat die robot die werker sal waarsku dat hy “pyn” verduur weens wangebruik.

Die wetenskaplikes verbonde aan die Leibniz Universiteit in Hanover, Duitsland, sê hulle het reeds ’n robot ontwikkel om die fisieke toestand en steurings te klassifiseer en “bekend te maak” aan die gebruiker daarvan.

Die wetenskaplikes sê dit is onder meer ook ’n poging om “kennis op te doen oor menslike pyn”.

Hulle glo dat die beginsel om met robotte te werk, belangrik is vir die toekoms waartydens dit al meer in gebruik sal kom.

“As ’n kind val, en pyn verduur, weet die kind om nie weer dieselfde “oefening” te volg nie, en as ’n robot kla van “pyn,” weet die gebruiker daarvan om nie dieselfde oefening te herhaal daarmee nie.