Reuse bedrog met krag op Plett

Sewe werknemers van die Plettenbergbaai munisipaliteit is afgedank na tugverhore oor die onwettige gebruik van elektrisiteit.

Altesaam 36 munisipale amptenare is by die bedrogspul betrek.

Dit het aan die lig gekom kort nadat die ouditeur-generaal in 2014 daarop gewys het dat die munisipaliteit ‘n tekort van 17% aan inkomste uit elektrisiteit het.

Tydens ‘n klopjag het dit geblyk van die amptenare koop al vir jare lank nie elektrisiteit nie. Sommige het laas in 2001 voorafbetaalde elektrisiteit aangekoop.

Boonop is vasgestel die seël van ’n voorafbetaalde kragmeter is oopgebreek, en ‘n kragverbinding is direk aan die netwerk gekoppel.

Die munisipaliteit het ‘n verlies van R9 miljoen gely.

Meer besonderhede oor die bedrog sal glo binnekort op ’n mediakonferensie bekend gemaak word.