Reuse aanslag op Raqqa beplan

Die Amerikaans gedrewe militêre koalisie beplan glo ’n hewige aanval op die Islamitiese Staat (IS) se selfverklaarde hoofstad, Raqqa in die noordooste van Sirië.

Die stad is aanvanklik skoongemaak van terroriste deur Rusland, en duisende landmyne is verwyder uit die stad voordat inwoners in veiligheid kon terugtrek na hulle woonplekke.

Etlike maande later het die vredesonderhandelings begin en is skietstakings afgekondig en Rusland is versoek om sy magte terug te trek.

Kort nadat die Russe onttrek het uit die gebied, het die IS-terroriste terugbeweeg na Raqqa en weer die stad herower.

Die militêre koalisie, onder leiding van die VSA, wil nou die stad inval en “skoonvee” van terroriste en het Rusland se aanbod om te help, van die hand gewys.

Politieke ontleders sê die Amerikaners wil nie die Russe se hulp aanvaar nie omdat Rusland alle terroriste, insluitende die Siriese rebelle, met hand en tand beveg het omdat hulle as terroriste beskou word.

Amerika verskaf wapens en ammunisie vir die rebelle wat eintlik veg teen die verkose regering van die land.